Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bacchus is in die Romeinse godeleer die god van wyn, gelyk aan die Griekse godheid Dionysus. Die Bacchanalia (fees van Bacchus), wat deur dronkenskap gekenmerk is, is van Etruriƫ na Rome ingevoer. Mans is eers uitgesluit; later is hulle toegelaat. Die Bacchanalia is van 186 v.C. af in Rome verbied.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.