verskyn [boodskap #125669] |
Wed, 08 May 2019 15:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20822 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verskyn
Afbreking: ver•skyn
Werkwoord: verskyn
Verlede tyd: het verskyn
Betekenis:
• Sigbaar word; te voorskyn kom.
• In druk of ander media voorkom.
• Voor die gereg te staan kom.
Gebruik:
• 'n Boot verskyn teen die horison.
• Die boek het laas maand verskyn.
• Hy moes voor die regter verskyn.
Spreekwoord:
• Hy verskyn in die geel pers. [Koerante en tydskrifte wat meestal ongegronde sensasieberigte publiseer.]
Antoniem:
• verdwyn
Afgelei:
• verskyning
• verskynsel
Spelfout:
• verskein
Vertaling:
Engels: to appear; be published
Nederlands: verschijnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|