Leksikograaf Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daarvan
Afbreking: daar•van
Samestelling: daar (v.nw.) + van (voors.)
Voornaamwoord: daarvan
Betekenis:
• Verwys na iets wat reeds genoem is; van dit; van die.
Gebruik:
• Die dokumente wat bewys daarvan kon lewer, is in ’n groot brand verwoes.
Spreekwoord:
• Hy maak werk daarvan. [Hy pak iets aan.]
• Hy maak 'n afgod daarvan. [Hy heg te veel waarde daaraan.]
• Hy het goedkoop daarvan afgekom. [Met ligter straf as wat verwag kon word.]
• Sy sal nooit die end daarvan hoor nie. [Sy sal aanhou gespot of verwyt word.]
• Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie. [Dit sal nie genoeg inbring om van te lewe nie.]