swart [boodskap #125660] |
Wo, 08 Mei 2019 11:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swart
Afbreking: swart
Byvoeglike naamwoord: swart
Vergrotende trap: swarter
Oortreffende trap: swartste
Attributief: swarte
Partitief: swartes
Intensief: pikswart, gitswart, pikgitswart, raafswart, roetswart
Betekenis:
• Van die donkerste kleur.
Gebruik:
• Swart voorwerpe vertoon swart omdat hulle nie lig weerkaats nie.
Vergelyking:
• So swart soos roet.
Antoniem:
• wit
• blank
Vertaling:
Engels: black
Duits: schwarz
Nederlands: zwart
Selfstandige naamwoord: swart
Meervoud: –
Betekenis:
• Die donkerste kleur.
Gebruik:
• 'n Mens lyk altyd formeel in swart.
Vertaling:
Engels: black
Nederlands: zwart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|