Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verder
Afbreking: ver•der
Byvoeglike naamwoord: ver
Vergrotende trap: verder, verdere
Oortreffende trap: verste
Attributief: ver
Partitief: vers
Betekenis:
• Vergrotende trap van ver: meer verwyderd of wat later volg.
• Meer, in 'n groter mate of vir 'n langer tyd; voorts; origens.
Gebruik:
• Salvokop word deur 'n hoofspoorlyn en die treinstasie begrens met Unisa verder na die ooste.
• Sy wil niks verder se nie. Verder is niks oor hom bekend nie, nie eers sy sterfdatum nie.
Spreekwoord:
• Nie verder kyk as wat jou neus lank is nie. [Nie vooruit dink nie.]
• 'n Mens moet nie verder spring as wat jou stok lank is nie. [Moenie meer onderneem as wat jy kan uitvoer nie.]
Antoniem:
• nader
Vertaling:
Engels: further, farther
Nederlands: verder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.