Betekenis:
• 'n Volwasse vroulike persoon.
• 'n Vroulike persoon wat getroud is.
• Die derde hoogste speelkaart, die dame of koningin.
Gebruik:
• Watter vrou kook die beste?
• Sy is my vrou.
• Wie het die vrou van skoppens?
Spreekwoord:
• Jakkals trou met wolf se vrou. [As dit terselfdertyd reën en sonskyn.]
• Elke man soen sy vrou op sy eie manier. [Elkeen het sy eie wyse van optrede.]