Leksikograaf Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dae
Afbreking: dae
Uitspraak: /dɑːə/
Selfstandige naamwoord: dag
Meervoud: dae
Verkleinwoord: daggie
Meervoud van verkleining: daggies
Betekenis:
• Meervoud van dag; meer as een periode van 24 uur.
Gebruik:
• 'n Huisvlieg leef net 14 dae lank.
Spreekwoord:
• Een van die mooi dae. [Binnekort.]
• Hoe meer dae, hoe meer dinge. [Elke dag lewer nuwe vraagstukke.]
• In die dae van olim. [Lank gelede.]
• Jonk van jare, maar oud van dae. [Hy is nog jonk, maar het baie ervaring.]
• Jy gee my al my dae. [Jy gee my moeilikheid.]
Antoniem:
• nagte
Vertaling:
Engels: days
Nederlands: dagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.