Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans op die nuusgroep
Afrikaans op die nuusgroep [boodskap #22283 is 'n antwoord op boodskap #22284] |
Fri, 02 April 1999 00:00 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan myself herinder dat ek al vele male kapsie gemaak het teen die
gebruik van Engels op die nuusgroep. Daar het nooit 'n haan na gekraai
nie. Nou skryf Gloudina 'n enkele paragraaf daaroor en dit word aan
die groot klok gehang.
Mooi so Gloudina, jou greep versterk by die dag op die nuusgroep. Viva
Gloudina !!!! Ek gaan 'n fan club stig.
Groete uit Perth.
Alwyn
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans op die nuusgroep [boodskap #22303 is 'n antwoord op boodskap #22284] |
Mon, 05 April 1999 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"R & BW" wrote:
> If you are so serious about your Taal, maybe you could find the correct
> Afrikaans for "Viva" and "fan club"? All I can say is that this newsgroup
> is in a little bit of trouble if it's being taken over by a Canadian South
> African whose kids can't even speak this language!
>
> And before you ask, yes, I can speak and write Afrikaans quite well, but
> communicate more easily in English - I don't like to mix languages or make
> too many spelling and grammatical errors - as my mother used to say: if you
> can't do something well, don't do it at all. You'll just have to put up
> with the English.
>
> Royleen
My dear Royleen,
Your English concerns me not al all.
What I object to, is your insufferably arrogant attitude.
And, quite frankly, I believe that there is not much to choose between "a
Canadian South African whose kids can't even speak this language" and an
Australian South African who chooses not to speak this language.
Neither category of person demostrates what our edcuation authorities like to
call the "respect" for the culture of others that they would like to instill
in the population.
(In your case, though, I think you might be able to plead the fact that you
are quite dim witted - or at least, that is how you appear.)
Kind regards, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans op die nuusgroep [boodskap #22317 is 'n antwoord op boodskap #22284] |
Tue, 06 April 1999 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7ea9dd$hte$1@nnrp1.dejanews.com...
> In article ,
> "nomad" wrote:
>
>> Daar is
>> baie NZ SA's (of is dit SA NZ's) wat dink dat hulle heil ook in Aust lê.
>>
> Ek het verneem dat daar baie NZ NZ'rs is wat ook so dink.
> Mmmmm.............NZ NZ'rs (Kan ons enigiets maak met NZ NZ NZ'rs? - of
miskien NZ� ? Of selfs SA NZ OZ'r (Ekskuus Royleen, maak net 'n grappie...
8�] ), (met erkenning aan Bryan1810 vir al die karakters).
'n Ding wat die gemiddelde Kiwi kwel is dat die jongmense die land verlaat.
Dis 'n aanvaarde praktyk om op 'n OE (Overseas Experience) te gaan vir 'n
jaar of twee - maar dis gewoonlik langer. Die selfmoord syfer onder die
jongeres is ook van die hoogste in die wêreld. Myns insiens is dit in 'n
mate toe te skryf aan die hoë vlak van PC in die land - 'n euwel wat geneig
is om 'n persoon se inisiatief en dinkvermoë te demp asook 'n gesonde gees
van kompetisie. (Dis dié dat hulle so ernstig is oor rugby, waar hulle 'n
kans kry om hulself uit te leef en op te maak hiervoor!). Miskien is nog 'n
uitvloeisel hiervan dat hulle geneig is om 'n nasie van 'whingers'
('kla[e?]gatte' (verskoon tog) is 'n beter vertaling as 'klaers'!) te wees.
Vir voorbeelde hiervan sien die oa. die ng, nz.general.
Ek is egter onder die indruk dat die netto immigrasiesyfers tussen NZ en OZ
maar redelik neutraal is - die invloei uit Aus sal bestaan uit ouer mense as
die uitvloei daarheen. De facto is NZ maar 'n provinsie van Australië,
aangesien daar geen beperkings is op die uitruilbaarheid van die 'dole' of
werk is nie - 'free movement of labour' - dit is omtrent dieselfde om van
die Kaap af te trek JHB toe om daar te gaan werk. NZ is 'n land wat
afhanklik is van immigrante/emigrante, met die invloei gewoonlik positief
(laasjaar omtrent nul, toe baie Asiërs goedkoper in hul eie lande kon gaan
bly het). Hierdie jaar soek hulle weer omtrent 40 000, wat natuurlik baie
SA'rs 'n geleentheid gee (hier's jou kans!).
> 'n Swak ekonomie is glo veral daarvoor verantwoordelik.
Dis maar moeilik om te sê, hoe sal ons nou 'n goeie/swak ekonomie definieer?
Reële groeikoers of werkloosheidsyfers, of wat? Die besigheidssentiment hier
is baie positief, en die werkloosheidssyfer word sterk beïnvloed deur die
gunstige 'dole'. Die 'bottom line' is seker maar dat daar 'n redelike hoë
lewenstandaard hier is, en dat die ryk/arm gaping relatief nou is. Om twee
of drie verskillende werke te hê is geen unieke verskynsel. Ons word gereeld
deur die Kiwi verras - as voorbeeld: een ou is 'n bouer, 'n franse kok en
dan gee hy ook lesse in die kuns van forelvliegies maak.
Lewenstandaard is seker maar wat jy daarvan maak: Vir party is dit meer geld
en die 'trappings' wat daarmee saamgaan, vir ander is dit die kans om
drie-uur die middag sy deure te sluit en oor die pad te kan loop en te gaan
windsurf - 'Horses for courses'.
> Kan jy meer lig op die saak werp?
Elke man wat sy eie torch het skyn die lig waar hy wil loop.
(Ek wil my batterye spaar vir Y2K).
Cheers.
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Sun Feb 16 18:18:24 UTC 2025
|