Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ateïsme
Ateïsme [boodskap #125565] Vr, 03 Mei 2019 20:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Karl Marx.
Karl Marx.
Ateïsme (afgelei van die Griekse áteos, "sonder God") is 'n stelsel van ongeloof wat die bestaan van God loën. Dit het as uitgangspunt dit daar geen god of gode anderkant die ervaarbare werklikheid bestaan nie. Bekende ateïste was Karl Marx en Friedrich Nietzsche.

Daar word onderskeiding tussen sterk en swak ateïsme. Sterk ateïsme (of positiewe ateïsme) huldig die standpunt dat daar rede is om te glo dat God nie bestaan nie. Dit kan ook die standpunt inneem dat dit logies onmoontlik is dat God bestaan. Daarteenoor huldig swak ateïsme (of negatiewe ateïsme) die standpunt dat daar geen rede is om te glo dat God wel bestaan nie. Hierdie siening hou verband met agnostisisme wat glo dat 'n mens nie kan kennis dra van die bestaan van God nie.

Soms word met ateïsme nie net die afwesigheid van enige vorm van godsgeloof bedoel nie, maar ook na die aktieve verwerping (en selfs die bestryding) daarvan.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atalanta
Volgende onderwerp: Athanasius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:05:31 MGT 2024