Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Atalanta was ’n jong meisie in ou Griekse verhale wat verklaar het dat sy slegs met die man sou trou wat vinniger as sy kon hardloop. ’n Hele aantal jong manne het geprobeer, maar sy het hulle almal gewen, totdat Milanion drie goue appels langs die baan gerol het. Atalanta het ’n oomblik versuim om hulle op te raap en daardeur die wedren verloor.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.