Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Asteke was 'n Indiaanse stam van die Mexikaanse tafelland. Die Asteekse beskawing is ongeveer die 12de eeu gestig en het naas dié van die Mayas bestaan. Die Asteke was oorlogsugtig, bedrewe in die handel en geregeer deur priesters. Hulle is tot ondergang gebring toe Montezuma II (Moctezuma II), hul laaste keiser, in 1520 deur die Spaanse Hernán Cortés gevange geneem is. Sien Meksiko.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.