Leksikograaf Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ten
Afbreking: ten
Uitspraak: /tɛn/
Voorsetsel: ten
Betekenis:
• In; op; tot.
Gebruik:
• Dit is ten eerste nie gewens en ten tweede nie moontlik nie.
• Die 21ste eeu het in 2001 begin en sal teen die einde van 2100 ten einde kom.
Spreekwoord:
• Ten bate van. [Tot voordeel van.]
• Ten einde loop. [Tot 'n einde kom.]
• Ten gunste van. [Tot voordeel van.]
• Ten minste. [Minstens.]
• Ten opsigte van. [Wat betref.]
• Ten spyte. Ondanks.]
• Ten sterkste. [Soos serk as moontlik.]
• Ten volle. [In die hoogste mate.]
Vertaling:
Engels: to the, at the
Nederlands: ten
Nota:
• Word hoofsaaklik in vaste uitdrukkings gebruik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.