Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Engels
Engels [boodskap #125526] Di, 30 April 2019 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Engels
Afbreking: Engels
Uitspraak: /ˈeŋəɫs/, /ˈəŋəɫs/




Byvoeglike naamwoord: Engels
Attributief: Engelse

Betekenis:
• Van, betreffende die Engelse taal.
• Van, afkomstig uit, behorende tot, eie aan Engeland.

Gebruik:
• So, jy is Engels, maar sy is Skots?
• Die mense is Engels.

Vertaling:
Engels: English
Nederlands: Engels


Selfstandige naamwoord: Engels
Meervoud: –

Betekenis:
• (taal) 'n Taal wat oorspronklik in Engeland gepraat is, maar nou ook die amptelike taal van lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State is.

Gebruik:
• Kan jy Engels praat?

Vertaling:
Engels: English
Nederlands: Engels

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aantal
Volgende onderwerp: ten
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:04:31 MGT 2024