Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Engels
Engels [boodskap #125526] Tue, 30 April 2019 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Engels
Afbreking: Engels
Uitspraak: /ˈeŋəɫs/, /ˈəŋəɫs/




Selfstandige naamwoord: Engels
Meervoud: –

Betekenis:
• 'n Taal, oorspronklik in Engeland gepraat, nou die amptelike taal van lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State.

Gebruik:
• Kan jy Engels praat? Nee, ek gebruik net Engels uit selfverdediging.

Sinoniem:
• rooitaal

Afgelei:
• Engeland
• Engelsman

Afkorting:
• Eng.

Vertaling:
Engels: English
Nederlands: Engels


Byvoeglike naamwoord: Engels
Attributief: Engelse

Betekenis:
• Van, betreffende die Engelse taal.
• Van, afkomstig uit, behorende tot, eie aan Engeland.

Gebruik:
• Hy gaan met 'n Engelse meisie uit.
• So, jy is Engels, maar sy is Skots?

Afgelei:
• Engels-eentalig
• Engelserig
• Engelsgesind
• Engelsheid
• Engelsmedium
• Engelssprekend
• Engelstalig
• Middelengels
• Oudengels

Vertaling:
Engels: English
Nederlands: Engels

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aantal
Volgende onderwerp: ten
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 03:06:29 UTC 2025