Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Herbert Henry Asquith (1852 - 1928) was 'n Britse staatsman en eerste minister. Hy was 'n suksesvolle advokaat en word in 1886 'n parlementslid. Hy steun van 1899 tot 1902 die Britse regering in die Anglo-Boereoorlog. Asquith word in 1905 die minister van finansies en was van 1908 tot 1916 die premier die Verenigde Koninkryk. In 1925 word hy die graaf van Oxford.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.