Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dood
dood [boodskap #125492] Ma., 29 April 2019 16:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26597
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
dood
Afbreking: dood
Uitspraak: /dʊət/




Byvoeglike naamwoord: dood
Vergrotende trap: dooier
Oortreffende trap: dooiste
Attributief: dooie
Partitief: doods
Intensief: morsdood

Betekenis:
• Wat nie meer lewend is nie.
• (figuurlik) Wat moeg, uitgeput en lusteloos is.

Gebruik:
• Twee mense is in die motorongeluk dood.
• Ek was byna dood na die dag se gewerskaf.

Vergelyking:
• So dood soos 'n mossie.

Sinoniem:
• afgestorwe
• omgekom
• oorlede

Antoniem:
• lewendig

Afgelei:
• doodbang
• doodbekommerd
• doodbenoud
• doodbly
• doodeenvoudig
• doodeerlik
• doodellendig
• doodernstig
• doodgaar
• doodgedaan
• doodgeduldig
• doodgelukkig
• doodgemaklik
• doodgerus
• doodgewoon
• doodgoed
• doodjammer
• doodkalm
• doodkwaad
• doodluiters
• doodmaklik
• doodmoeg
• doodnatuurlik
• doodnugter
• doodongelukkig
• doodonskuldig
• doodoortuig
• doodreg
• doodrustig
• doodryp
• doodsaai
• doodsbleek
• doodseker
• doodsiek
• doodsimpel
• doodskaam
• doodstadig
• doodstil
• doodswak
• doodtevrede
• doodveilig
• doodvererg
• doodverleë
• doodverskrik
• doodverveeld
• doodvervelend
• doodvervelig
• doodvies
• doodvriendelik

Vertaling:
Engels: death, deceased
Nederlands: dood


Selfstandige naamwoord: dood
Meervoud:

Betekenis:
• Die beëindiging van lewensfunksies; toestand na die einde van 'n organisme se lewe.

Gebruik:
• Hy het 'n natuurlike dood gesterf.

Spreekwoord:
• So dood soos 'n mossie. [Morsdood.]
• 'n Broertjie dood aan iets hê. [Iets haat.]
• Nie om die dood nie. [Onder geen omstandighede nie.]
• Kannie is dood van kruiwastoot. [Niks is onmoontlik nie.]
• Vars botter en warm brood, is 'n ou man se bittere dood. [Gesê as 'n ou man met 'n jong vrou trou.]
• Die een se dood is die ander se brood. [Die dood of ondergang van een persoon bevoordeel meestal 'n ander persoon.]

Antoniem:
• lewe

Hiponiem:
• genadedood
• selfdood

Afgelei:
• doodgaan
• doodgooi
• doodloop
• doodlyn
• doodmaak
• doodsertifikaat
• doodstryd

Vertaling:
Engels: dead, decease, demise
Nederlands: dood

Nota:
• Die woord "dood" is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omdat
Volgende onderwerp: gebou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 24 07:31:46 UTC 2026