| moet [boodskap #125489] |
Ma., 29 April 2019 15:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26119 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
moet
Afbreking: moet
Uitspraak: /mut/
Werkwoord: moet
Verlede tyd: moes
Betekenis:
• Om tot iets verplig of gedwonge te wees; nie 'n keuse hê nie.
• Om dringend noodsaaklik te wees; vir iets te hoop.
Gebruik:
• Mens moet by die rooi lig stop. Julle moet nie so baklei nie.
• Die aarde is baie droog, dit moet nou net reën.
Antoniem:
• moenie
Homofoon:
• moed
Vertaling:
Engels: must
Nederlands: moeten
Selfstandige naamwoord: moet
Meervoud: moete, moets
Betekenis:
• Iets wat noodsaaklik is en nie oorgesien of weggelaat mag word nie.
• (minder gebruiklik) 'n Litteken of blou kol op die vel.
Gebruik:
• Die melktert is 'n moet! Daar is te veel moets en moenies.
• Sy het vir weke moete op haar vel gehad.
Vertaling:
Engels: must
Nederlands: litteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|