Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moet (móét)
moet [boodskap #125489] Ma, 29 April 2019 15:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moet
Afbreking: moet
Uitspraak: /mut/




Werkwoord: moet
Verlede tyd: moes

Betekenis:
• Verplig; gedwonge wees; nie 'n keuse hê nie.
• Baie belangrik dat iets wel gebeur of nie gebeur nie.

Gebruik:
• Mens moet by die rooi lig stop. Julle moet nie so baklei nie.
• Die aarde is baie droog, dit moet nou net reën.

Antoniem:
• moenie

Homofone:
• moed

Vertaling:
Engels: must
Nederlands: moeten


Selfstandige naamwoord: moet
Meervoud: moete, moets

Betekenis:
• Iets noodsaakliks; wat nie oorgesien mag word nie.
• (minder gebruiklik) 'n Spoormerk of indruksel; litteken of blou kol op die vel.

Gebruik:
• Die melktert is 'n moet! Daar is te veel moets en moenies.
• Hy het vir weke moete op sy vel gehad.

Vertaling:
Engels: must
Nederlands: litteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lank
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:32:41 MGT 2024