Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nadat
nadat [boodskap #125484] Ma, 29 April 2019 15:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nadat
Afbreking: na•dat




Voegwoord: nadat

Betekenis:
• Na 'n sekere tyd. Ná verloop van. Dui aan dat iets 'n rukkie later as iets ander gebeur het. Gee die daaropvolgende gebeure onderskikkend aan.

Gebruik:
Nadat sy geswem het, het sy haarself afgedroog.
• Jy kan speletjies speel nadat jy jou huiswerk voltooi het.

Antoniem:
• voordat

Vertaling:
Engels: after, when
Nederlands: nadat

Nota:
• As twee sinne met "nadat" verbind word, skuif die werkwoorde van die tweede sin na die einde van die saamgestelde sin: Verbind die volgende twee sinne met nadat: "Hulle het gespeel." en "Hulle het huiswerk gedoen." => Hulle het gespeel nadat hulle huiswerk gedoen het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nasionale
Volgende onderwerp: reeds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 13:42:17 MGT 2024