Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Aspis is 'n giftige slang, gewoonlik ’n adder, aangetref in Suid-Europa en Noord-Afrika.
Voorbeelde hiervan is die Aspisadder (Vipera aspis) van Suid-Europa en die Egiptiese kobra of Egiptiese aspis (Naja haje) van Noord-Afrika en die Midde-Ooste.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.