Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aspersie
Aspersie [boodskap #125478] Ma, 29 April 2019 05:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van die aspersie-plant.
Skets van die aspersie-plant.
Die aspersie is 'n meerjarige plant (Asparagus officinalis) waarvan die stingels as groente gebruik word. Die fyn, naaldagtige blaartjies word as groenversiering gebruik en kry rooi bessies.

Die plant groei vanuit ’n ondergrondse risoom (wortelstok) wat die kroon genoem word. Verskeie lote spruit uit die kroon en groei bo-op die grond. Dit is dié deel van die aspersie wat geoes en geëet word. Die lote word aspersiepunte genoem en word geoes as dit 15 cm – 20 cm lank is, m.a.w. as dit nog nie volgroeid en nog steeds sag is. As die lote toegelaat word om langer te groei, sal dit verhard en takke met varingagtige blare voortbring.

Aspersies kan vanaf die tweede jaar van groei geoes word. Volle produksie word na omtrent vyf jaar bereik as die aspersiekroon volgroeid en sterk is. Die aspersieplant kan tot 15 jaar oud word. Die groeiperiode, wanneer die aspersiepunte gevorm en ge-oes word, is vanaf vroeë lente (Oktober) tot vroeg herfs (Maart).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Asore
Volgende onderwerp: Aspiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:33:18 MGT 2024