Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
keer
Afbreking: keer
Werkwoord: keer
Verlede tyd: het gekeer
Teenwoordige deelwoord: kerende
Verlede deelwoord: gekeerde
Betekenis:
• Iets stop of voorkom dat dit gebeur; voorkeer; verhinder; terughou; terugdryf.
• Van rigting verander; anderkant toe beweeg; 'n wending maak.
Gebruik:
• Keer die bal. Die wal keer die water.
• Keer terug na God. Dis tyd om huiswaarts te keer.
Vertaling:
Engels: to stop, resist; turn
Nederlands: keren
Selfstandige naamwoord: keer
Meervoud: kere
Verkleinwoord: keertjie
Meervoud van verkleining: keertjies
Betekenis:
• 'n Geleentheid of gebeurtenis wat herhaal (kan) word.
• Die stopsit van iets.
Gebruik:
• Sy maak elke keer dieselfde fout.
• Daar is geen keer aan hom nie.
Spreekwoord:
• Derde keer is skeepsreg. [Die derde poging is gewoonlik suksesvol.]
• Betyds keer is 'n goeie geweer. [Dis beter om moeilikheid te voorkom as om dit te probeer bestry.]
• Gedane sake het geen keer nie. [Aan wat reeds gebeur het, kan niks verander word nie.]
• 'n Luiaard dra hom dood, maar hy loop nie twee keer nie. [Gesê van iemand wat op een slag meer wil dra as wat hy kan.]
Sinoniem:
• maal
Vertaling:
Engels: time; stop
Nederlands: keer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.