Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arundel is 'n stad in Sussex, Engeland, in die dal van die Arun-rivier. Die stad is beroemd om sy kasteel, die tuiste van die hertoë van Norfolk.
Die groot kasteel dateer uit die 12de eeu. In die 17de eeu is dit grotendeels verwoes. In die 19de eeu is dit gerestoureer en waar nodig herbou. Dit is tans een van die indrukwekkendstes en mees volledigste kastele van die land. Die kasteel is oop vir die publiek en 'n groot trekpleister vir toeriste.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.