Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebied
gebied [boodskap #125427] Mon, 22 April 2019 10:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebied
Afbreking: ge•bied
Uitspraak: /woord/




Selfstandige naamwoord: gebied
Meervoud: gebiede
Verkleinwoord: gebiedjie
Meervoud van verkleining: gebiedjies

Betekenis:
• 'n Stuk grond of 'n plek; deel van die aardoppervlak; deel van 'n land/provinsie/stad/dorp; streek.
• (figuurlik) 'n Bepaalde vak van die onderwys, kunste of wetenskap; 'n reeks verwante sake/aktiwiteite.

Gebruik:
• Die Namibwoestyn is 'n dorre gebied. Die Polisie probeer al sedert vanoggend om toegang tot die gebied te kry.
• Dié professor is kundig op die gebied van taalkunde.

Sinoniem:
• streek
• terrein

Afgelei:
• hoogdrukgebied
• kusgebied
• opvanggebied
• sakegebied
• soekgebied
• stadsgebied
• stroomgebied
• tussengebied
• woongebied

Vertaling:
Engels: area, region, territory, dominion; department, field
Nederlands: gebied


Werkwoord: gebied
Verlede tyd: het gebied
Teenwoordige deelwoord: gebiedende

Betekenis:
• Om iemand te beveel om iets te doen; 'n dwingende opdrag gee.

Gebruik:
• Die juffrou gebied die stout kind om die klas te verlaat.

Spreekwoord:
• Hiet en gebied. [Links en regs beveel.]

Sinoniem:
• beveel
• gelas

Vertaling:
Engels: to command, direct order
Nederlands: gebieden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sal
Volgende onderwerp: vanaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 18:06:03 UTC 2024