bestaan [boodskap #125416] |
Mon, 22 April 2019 07:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bestaan
Afbreking: be•staan
Werkwoord: bestaan
Verlede tyd: het bestaan
Teenwoordige deelwoord: bestaande
Betekenis:
• Om te wees; is; lewe.
• Saamgestel uit.
Gebruik:
• Daar bestaan nie so 'n woord nie.
• Die woord bestaan uit die lettergrepe "be-" en "-staan".
Vertaling:
Engels: to exist, live, consist
Nederlands: bestaan
Selfstandige naamwoord: bestaan
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand van wees; dit wat voorkom.
• Verdienste: broodwinning.
Gebruik:
• Om die bose te oorwin, moet ons eers die bestaan daarvan erken.
• Dis deesdae moeilik om 'n bestaan te maak.
Afgelei:
• bestaansjaar
• sukkelbestaan
• voortbestaan
Vertaling:
Engels: existence
Nederlands: bestaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|