Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saam
saam [boodskap #125415] Ma, 22 April 2019 07:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saam
Afbreking: saam




Bywoord: saam

Betekenis:
• Bymekaar wees; nie alleen nie.
• Gesamentlik as 'n geheel. Met ander aan iets deelneem.

Gebruik:
Saam is ons sterker. Mense woon al van die vroegste tye in groepe saam.
• Die leerders werk saam aan die probleem.

Spreekwoord:
• Hy blaf met alle honde saam. [Geen eie mening hê nie en ander napraat.]
• Hy gaan met die stroom saam. [Met die meerderheid saamgaan.]
• Sy gesante en trawante sit saam in die tronk. [Iemand se helpers, veral in slegte sake.]
• Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe. [Stem met persone van verskillende menings saam.]

Sinoniem:
• bymekaar
• gesamentlik

Antoniem:
• alleen
• apart
• eensaam
• individueel

Afgelei:
• saamblaf
• saambly
• saamdoen
• saamdrom
• saamflans
• saamgaan
• saamgooi
• saamhang
• saamhok
• saamkleef
• saamkliek
• saamknoop
• saamkoek
• saamkom
• saamkoppel
• saamleef
• saamloop
• saampers
• saampraat
• saamroep
• saamslaan
• saamsmelt
• saamsnoer
• saamspan
• saamspeel
• saamstaan
• saamstel
• saamsweer
• saamtrek
• saamval
• saamvat
• saamwerk

Vertaling:
Engels: with; together
Nederlands: samen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veral
Volgende onderwerp: bestaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:06:12 MGT 2024