Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jammer Vira ! (Re: Terugvallings teenoor ontluikings)
Jammer Vira ! (Re: Terugvallings teenoor ontluikings) [boodskap #10489] |
Thu, 28 August 1997 00:00 |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
V wrote:
> Eina! Ouch! *sob* Ek sal nou in 'n hoek gaan sit en pruil. Maar
> eers moet
> ek my eendtjies almal in 'n ry kry. H-J, jy's nou die tweede persoon
> wat ons 4
> se name so in 'n "Doubles tennis " spel op daardie manier
> saamstring. Dus,
> neem ek aan dis die algemene indruk wat mense op hierdie groep het.
> Ek wil dit
> graag regstel, omdat ek voel dat dit 'n wanopvatting is - van my kant
> in elk
> geval.
>
Ek sou nie sê dis die algemene indruk nie. Soos wat ek in my boodskap
gesê het, dit is nog vars in my gedagte.
> Ek *haat* niemand nie. Ook nie vir Gloudina nie. Al maak sy my soms
> baie
> kwaad. EN ek _hou van_ Koos *kiss kiss*. Leendert is in hierdie
> geval nie
> ter sprake nie, omdat ek meestaal saamstem met wat hy sê.
>
Jammer, die haat - verwysing is 'n algemene verwysing na newsgroups.
Lees soc.sulture.south-africa of za.politics en jy sal beter voorbeelde
van haat teekom. Ek's jammer dat ek dit nie duidelik gestel het in my
oorspronklike boodskap nie.
> Ek voel dit het te doen met Respek. Ek respekteer jou standpunt, en
> Leendert
> s'n, en Koos s'n, maar die probleem kom in wanneer iemand , soos
> Gloudina, geen
> respek toon vir ander mense nie.
Sonder om 'n vinger na Gloudina te wys, dink ek jy het 'n redelike punt
hier. Respek is iets wat 'n skaars kommoditeit is op onse nuusgroepe.
Dankie vir daardie ontluiking. Dis waar wat jy sê. Mense respekteer nie
meer andere se standpunte nie, en ek kry die idee dat daar (miskien
vanweë die onpersoonlike aard van internet) ook 'n verlies aan respek
vir die basiese mensskap is. Klink dit bekend ?
[snip]
> Ek wil nou nie met jou baklei nie, H-J, maar ek hou nie daarvan om 'n
> "struweling" genoem te word nie. Dit is nie my geaardheid nie. Maar
> ek sal my
> man/vrou staan, wanneer ek voel iets is nie reg nie. As ek daardie
> beeld aan
> jou, en aan ander oorgedra het, is daar êrens fout, wat ek wil probeer
> regstel.
>
Ek's jammer dat jy dit so opneem, maar beteken dit nie dalk dat my
moaning dalk 'n uitwerking sal hê nie ? Ek moet jou bedank vir die
positiewe manier waarop jy reageer. Jy het die opsie gehad om my net te
flame en dan voort te gaan, maar jy't gekies om op 'n mooi manier my
tereg te wys, en jou kant van die saak te stel. Dit spreek boekdele oor
jou sterkte van karakter. (ek bedoel dit werkliik nie op 'n
'patronising' manier nie. )
> Kritiek is iets wat ek baie goed kan aanvaar, maar die manier waarop
> jy ons
> hierbo as 'n voorbeeld van "haat" en "struwelinge" gebruik het my wel
>
> seergemaak. As dit die indruk is wat ek geskep het, het ek erg
> gefaal in my
> pogings om hier te kommunikeer. Dan moet ek liewer 'n lang ruk gaan
> stilbly,
> tot ek besef waar ek verkeerd gegaan het, en tot ek beter weet hoe om
> dit
> volgende keer reg te kry.
>
Ek's jammer dat ek jou seergemaak het. Die voorbeeld van "haat" was,
soos bo verduidelik, swak deur my verduidelik. Struwelinge is myns
insiens nie so 'n sterk woord nie, en ek ervaar dit ook op 'n ligter
trant as, bv. "gevegte". "struwelinge" laat by my beelde van stoeiers
opkom, tewyl "gevegte" beelde van bloed in die strate ontlok.
> Verstaan asb., H-J, ek is nie kwaad oor wat jy gesê het nie, maar
> eerder geskok
> om te besef dat jy my in daardie lig sien.
Dit voel vir my al hoe meer asof my kritiek te kras was. As ek jou
respons met die van Gloudina vergelyk, spreek dit boekdele oor die
verskille tussen julle. Jou reaksie sê vir my dat die kritiek dalk wel
'n positiewe reaksie kan ontlok.
Ek hoop nie jy gaan weg/bly stil nie. Jou stem is vir my te nice om te
verloor.
Bly skryf
H-J
|
|
|
Re: Jammer Vira ! (Re: Terugvallings teenoor ontluikings) [boodskap #10490 is 'n antwoord op boodskap #10489] |
Thu, 28 August 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 8/28/97 11:35AM, in message , Henri-John
Kock wrote:
snip...
>
> Ek's jammer dat ek jou seergemaak het. Die voorbeeld van "haat" was,
> soos bo verduidelik, swak deur my verduidelik. Struwelinge is myns
> insiens nie so 'n sterk woord nie,
baie snip, ens. ....
Baie dankie vir jou antwoord, H-J. Ek waardeer dit. Ek het my agterent nou
weer uit die hoek gehaal, en is sommer weer vriende met almal . :-)
V.
|
|
|
Re: Jammer Vira ! (Re: Terugvallings teenoor ontluikings) [boodskap #10492 is 'n antwoord op boodskap #10489] |
Thu, 28 August 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri-John Kock wrote in article ...
> Sonder om 'n vinger na Gloudina te wys, dink ek jy het 'n redelike punt
> hier. Respek is iets wat 'n skaars kommoditeit is op onse nuusgroepe.
> Dankie vir daardie ontluiking. Dis waar wat jy sê. Mense respekteer nie
> meer andere se standpunte nie, en ek kry die idee dat daar (miskien
> vanweë die onpersoonlike aard van internet) ook 'n verlies aan respek
> vir die basiese mensskap is. Klink dit bekend ?
Ek sien dit anders. Vryheid van bek kan slegs werk in 'n omgewing waar die
kanse skraal is dat mense mekaar fisies te lyf sal gaan. Dis waarom
"godsdiens, politiek en vroumense" tradisioneel taboe is as
gespreksonderwerpe in offisiersmenasies - jy bespreek nie sulke dinge in 'n
omgewing waar mense met sabels en pistole rondloop nie. Natuurlik noem jy
die nie "sensuur" nie - jy noem dit "etiket".
In ander omgewings plaas ons eerder beperkings op mense se vermoë om mekaar
se kele af te sny. Kardinaal de Richelieu, eerder as om die
gespreksonderwerpe aan sy etenstafel te sensureer, het die messe se punte
laat rond slyp - dis waarom tafelmesse vandag nog ronde punte het.
In parlemente is daar streng maatreëls om fisiese debatte te vermy. Die
regering en die opposisie sit selfs aan teenoorgestelde kante van die huis -
met die Speaker se ruimte tussen hulle. Dis die enigste rede waarom
parlementêre privilegie 'n werkbare idee is.
Die internet, natuurlik, is die ideale "geweld" -vrye sone. Die enigste
bloed wat hier kan loop is virtuele bloed.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Jan 05 06:34:13 UTC 2025
|