Leksikograaf Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mense
Afbreking: men•se
Uitspraak: /ˈmẽːsə/
Selfstandige naamwoord: mens
Meervoud: mense
Verkleinwoord: mensie
Meervoud van verkleining: mensies
Betekenis:
• Meervoud van mens; meer as een mens.
Gebruik:
• 'n Volk is 'n groep mense wat saam woon en dieselfde kultuur het.
Spreekwoord:
• Ander mense se boeke is duister om te lees. [Dit is moeilik om ander se sake te verstaan.]
• Meer mense verdrink in 'n glas as in die see. [Drank eis meer slagoffers as die see.]
Vertaling:
Engels: people
Nederlands: mensen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.