Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Armada is 'n Spaanse woord vir 'n oorlogsvloot. Dit verwys veral na die Armada van 1588, wat deur Filips II van Spanje teen Engeland gestuur is. Hierdie "onoorwinlike vloot" van 266 skepe en 30,000 man is deur die Engelse vloot (met hulp van die Nederlanders) en deur ’n storm vernietig.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.