Tuis » Taal » Woordeboek » net (nét)
net [boodskap #125385] |
Sa., 20 April 2019 20:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21430 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Visse in 'n net.
net
Afbreking: net
Uitspraak: /net/
Selfstandige naamwoord: net
Meervoud: nette
Verkleinwoord: nettjie
Meervoud van verkleining: nettjies
Betekenis:
• Knoopwerk, byvoorbeeld van tou of garing, met gate daarin om visse te vang, balle te keer, hare vas te hou, ens.
Gebruik:
• Die visserman gooi sy net uit oor die water.
Afgelei:
• gooinet
• haarnet
• sleepnet
• spannet
• tennisnet
• visnet
• voëlnet
• werpnet
Vertaling:
Engels: net
Nederlands: net
Byvoeglike naamwoord: net
Vergrotende trap: netter
Oortreffende trap: netste
Attributief: nette
Partitief: nets
Betekenis:
• Netjies, skoon en aan die kant. Nie vuil, lelik of slordig nie.
Gebruik:
• Jou kamer is besonder net.
Vertaling:
Engels: neat, clean, tidy
Nederlands: net
Bywoord: net
Betekenis:
• Alleen; slegs.
• Direk na iets anders.
Gebruik:
• Kan ons asseblief net stilte kry!
• Net na sy die rook geruik het, het sy gesien die huis brand.
Vertaling:
Engels: only, just
Nederlands: net
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Vorige onderwerp: |
tydens |
Volgende onderwerp: |
al |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 13:21:32 UTC 2025
|