Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nog (nóg)
nog [boodskap #125381] Sa, 20 April 2019 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nog
Afbreking: nog
Uitspraak: /nɔχ/




Bywoord: nog

Betekenis:
• Weer; meer; opnuut.
• Tot nou toe; steeds.

Gebruik:
• Wil jy nog koek hê? Nog koffie vir jou?
• Ek kon nog nie die gras sny nie.

Spreekwoord:
• Môre is nog 'n dag. [Daar is geen haas nie, dit kan maar later gedoen word.]
• Amper maar nog nie stamper. [Byna, maar nie heeltemal nie.]
• Daar sal nog baie water in die see loop. [Nog baie dinge sal gebeur.]
• Dit hang nog in die lug. [Dis nog onseker.]
• Ek moet nog dit en dat doen. [Ek moet nog allerhande takies verrig.]
• Hef aan lê nog voor. [Die groot moeilikheid kom nog.]
• Hy het kind nog kraai. [Geen bloedverwante hê nie.]
• Hy het nog niks oor sy lippe gehad nie. [Hy het nog niks geëet of gedrink nie.]
• Hy is nog nat agter die ore. [Nog jonk en onervare.]
• Oor alles en nog wat. [Oor baie sake.]
• Oud maar nog nie koud nie. [Nog baie fris en kragtig.]
• Toe Tafelberg nog 'n molshoop was. [Baie lank gelede.]
• Buig die boompie solank hy nog jonk is. [Kweek goeie karaktertrekke terwyl die kind nog jonk is.]
• Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]

Vertaling:
Engels: another, more; still
Nederlands: nog


Voegwoord: nog

Betekenis:
• Nie; ook nie.

Gebruik:
• Jan nog Gert het skool toe gekom.
Nóg Klaas nóg Koos het die toets deurgekom.

Vertaling:
Engels: yet
Nederlands: noch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voor
Volgende onderwerp: sou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:37:09 MGT 2024