Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nuwe
nuwe [boodskap #125379] Sat, 20 April 2019 19:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21079
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
nuwe
Afbreking: nu•we




Byvoeglike naamwoord: nuut
Vergrotende trap: nuwer
Oortreffende trap: nuutste
Attributief: nuwe
Partitief: nuuts

Betekenis:
• Attributiewe vorm van nuut: pas gemaak of bekom; ongebruik; nie oud nie.

Gebruik:
• Ek het 'n nuwe kar gekry.

Antoniem:
• ou

Spreekwoord:
• 'n Nuwe blaadjie omslaan. ['n Beter begin maak met die voorneme om beter te doen.]
• Slaan 'n nuwe koers in. [Kies 'n nuwe rigting; pak 'n saak anders aan.]
• 'n Nuwe besem vee altyd skoon. ['n Nuwe werk word altyd met ywer aangepak.]
• 'n Ou viool kan ook nuwe liedjies speel. ['n Ou persoon kan ook iets moois lewer.]
• So blink soos 'n nuwe sikspens wees. [Netjies en deftig aangetrek wees.]

Vertaling:
Engels: new
Nederlands: nieuwe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekend
Volgende onderwerp: voor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 10:43:56 UTC 2025