Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bekend
bekend [boodskap #125378] Sat, 20 April 2019 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bekend
Afbreking: be•kend
Uitspraak: /bəˈkɛnt/




Byvoeglike naamwoord: bekend
Vergrotende trap: bekender
Oortreffende trap: bekendste
Attributief: bekende
Partitief: bekends
Intensief: alom bekend, wêreldbekend, wydbekend

Betekenis:
• Beroemd; iets of iemand waarvan mense weet en kennis van neem.
• Vertroud; waarvan iemand kennis dra.

Gebruik:
• Durban is bekend vir sy strande en sy gematigde winterklimaat.
• Is sy bekend aan jou?

Sinoniem:
• befaamd
• beroemd
• rugbaar
• vertroud
• familiêr

Antoniem:
• onbekend
• vreemd

Hiponiem:
• oorbekend
• welbekend

Afgelei:
• bekendheid
• bekendstel

Vertaling:
Engels: famous, well-known; familiar, acquainted
Nederlands: bekend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: later
Volgende onderwerp: nuwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 10:18:28 UTC 2024