Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » later
later [boodskap #125377] Sat, 20 April 2019 19:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
later
Afbreking: la•ter




Bywoord: later

Betekenis:
• Ná verloop van tyd; 'n tydstip ná iets anders.

Gebruik:
• Ek sal my kamer later skoonmaak.
• Ons los alles vir later, maar vergeet dat "later" dalk nie aan ons behoort nie.

Spreekwoord:
• Hoe later, hoe kwater. [Hoe langer dit duur, hoe erger word dit.]

Antoniem:
• eerder
• vroeër

Vertaling:
Engels: later, afterwards, subsequent
Nederlands: later


Byvoeglike naamwoord: laat
Vergrotende trap: later
Oortreffende trap: laatste
Attributief: later, latere

Betekenis:
• Vergrotende trap van laat: ná verloop van tyd; ’n tydstip ná iets anders.

Gebruik:
• 'n Later gebeurtenis.

Sinoniem:
• latere

Vertaling:
Engels: later, subsequent
Nederlands: later

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kerk
Volgende onderwerp: bekend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 10:07:21 UTC 2024