Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Argos is 'n stad in Suid-Griekeland, met bouvalle van ’n klassieke stad wat beroemd was om sy beeldhouers en musici. Dit is die hoofstad van die munisipaliteit Argolis.
Argos is een van die oudste stede van Griekeland en word gedomineer deur die 290 meter hoe Lárisa-heuwel. Daar is laat-klassieke reste van 'n agora (hoofplein), tempels, 'n stadsmuur en 'n teater (uit die 4de tot die 2de eeu v.C.) en van Romeinse bouwerke, onder meer 'n akwaduk en badkompleks (uit die 1ete tot die 3de eeu n.C.).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.