meer [boodskap #125353] |
Fri, 19 April 2019 14:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meer
Afbreking: meer
Selfstandige naamwoord: meer
Meervoud: mere
Verkleinwoord: meertjie
Meervoud van verkleining: meertjies
Betekenis:
• Groot stuk water, groter as 'n dam, wat deur land omring is.
Gebruik:
• Die Victoriameer is die grootste meer in Afrika.
Verwant:
• pan
Vertaling:
Engels: lake
Nederlands: meer
Bywoord: meer
Betekenis:
• Vergrotende trap van baie (baie, meer, meeste).
Gebruik:
• Ek het meer speelgoed as jy.
Antoniem:
• minder
Vertaling:
Engels: more
Nederlands: meer
Werkwoord: meer
Verlede tyd: het gemeer
Betekenis:
• Om in 'n hawe vas te maak.
Gebruik:
• Die matroos meer sy boot in die baai vas.
Vertaling:
Engels: to moor
Nederlands: meren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|