Leksikograaf Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kan
Afbreking: kan
Uitspraak: /kan/
Selfstandige naamwoord: kan
Meervoud: kanne
Verkleinwoord: kannetjie
Meervoud van verkleining: kannetjies
Betekenis:
• 'n Houer vir kos of drank, tipies met 'n groot opening en 'n plat boom.
Gebruik:
• Gee vir my die kan melk aan?
Spreekwoord:
• Koffie drink soos die kan dit skink. [Tevrede wees met wat jy kry.]
• Los die kan en vat die bottel. [Gesê aan iemand wat kla dat hy iets nie kan doen nie.]
• Wyn in die man, wysheid in die kan. [As iemand dronk is, kan 'n mens nie wysheid by hom verwag nie.]
• Wie die laaste druppel uit die kan wil hê, kry die deksel op sy neus. [Wie die uiterste begeer, kry dikwels niks.]
Betekenis:
• Tot iets in staat wees.
• Die vermoë hê om iets te doen.
Gebruik:
• Jy kan dit self doen.
• Kan ek jou pen leen?
Spreekwoord:
• Daar kan jy amen op sê. [Daarmee kan jy vokome saamstem.]
• Die boog kan nie altyd gespanne bly nie. ['n Bietjie rus en ontspanning is ook nodig.]
• Die see kan hom nie skoon was nie. [Hy is 'n baie slegte persoon.]
• Een blinde kan nie 'n ander lei nie. [Een onkundige persoon kan nie 'n ander help wat ook niks weet nie.]
• Ek kan myself skop. [Ek is baie spyt.]
• Ek kan nie kop of stert uitmaak nie. [Kan dit glad nie verstaan nie.]
• Ek kan nie met hom kerk hou nie. [Hy is onregeerbaar.]
• Hy kan na die maan vlieg. [Nie omgee wat met iemand gebeur nie.]
• Jy kan dit op jou maag skrywe. [Daar sal niks van kom nie.]
• Meer afbyt as wat jy kan kou. [Meer onderneem as wat jy kan uitvoer.]
• Met onwillige honde kan 'n mens nie hase vang nie. ['n Mens kan niks uitrig met mense wat dwarstrek nie.]
• 'n Gesig wat net 'n moeder kan liefhê. [Baie lelike persoon.]
• Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]
• 'n Mens kan hom deur 'n naald trek. [Hy is baie netjies aangetrek.]
• 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. [Die geestelike is belangriker as die fisiese.]
• Wat die oog nie sien nie, kan die hart nie deer nie. ['n Mens bekommer jou nie oor iets waarvan jy nie weet nie.]
Vertaling:
Engels: can; may
Nederlands: kunnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.