Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Anton Arensky (1861 - 1906) was 'n Russiese komponis. Hoewel hy sterk deur Tsjaikowski en Rimski-Korsakof beïnvloed was, het sy vloeiende melodiese styl en die suiwere konstruksie van sy komposisies ’n sjarme aan sy beste werke verleen. Sy kamermusiek, veral sy klavierkwintet, sy miniatuurklavierwerkies en sy orkestrale Variasies op ’n Tsjaikowski-tema is miskien sy blywendste komposisies.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.