Archbell, James [boodskap #125337] |
Fri, 19 April 2019 07:49 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
James Archbell was 'n Wesleyaanse sendeling te Thaba Nchu in die dae van die Groot Trek. Hy het die Barolong aangemoedig om die Trekkers na die slag van Vegkop in 1836 met vee en waens behulpsaam te wees. Piet Retief het ’n besonder hoë dunk van sy sendingwerk gehad. Die tradisionele goedgesindheid van die Barolong teenoor die blanke is aan hom te danke.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|