Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jaar
jaar [boodskap #125331] Thu, 18 April 2019 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
jaar
Afbreking: jaar
Uitspraak: /jɑːr/




Selfstandige naamwoord: jaar
Meervoud: jare
Verkleinwoord: jaartjie
Meervoud van verkleining: jaartjies

Betekenis:
• 'n Tydperk wat in 12 maande, 52 weke en 365 dae (366 in skrikkeljare) onderverdeel is.
• Die tyd wat dit 'n planeet vat om om sy ster te wentel.

Gebruik:
• Hy is 16 jaar oud. Sy wil hierdie jaar meer gereeld gaan draf.
• 'n Jaar op mars is gelyk aan 1,88 aardjare.

Hiponiem:
• belastingjaar
• skrikkeljaar

Afgelei:
• jaarblad
• jaarboek
• jaardig
• jaareindfunksie
• jaargang
• jaargeld
• jaargenoot
• jaargetal
• jaargety
• jaarlange
• jaarliks
• jaarplant
• jaarpunt
• jaarstaat
• jaartal
• jaartelling
• jaarverslag
• jaarwisseling

Afkorting:
• jr.

Vertaling:
Engels: year
Nederlands: jaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maar
Volgende onderwerp: hierdie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 02:57:34 UTC 2025