Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maar
maar [boodskap #125330] Thu, 18 April 2019 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
maar
Afbreking: maar
Uitspraak: /mɑːr/




Voegwoord: maar

Betekenis:
• Verbind twee sinne wat teen mekaar gestel word; dui teëstelling aan.

Gebruik:
• Hy wil gaan slaap, maar sy wil speel.

Sinoniem:
• dog

Homofoon:
• maer (skraal, dun, sonder vet)

Vertaling:
Engels: but, however
Nederlands: maar


Bywoord: maar

Betekenis:
• Net; slegs.
• Inderdaad; tog.
• Gerus; sonder om jou aan enigiets te steur.

Gebruik:
• Daar was maar net vyf kinders daar.
• Dit gaan maar sleg!
• Jy kan maar alles vertel. Maak maar soos jy wil.

Vertaling:
Engels: also, still; just, quite, really
Nederlands: maar


Selfstandige naamwoord: maar
Meervoud: maars, mare

Betekenis:
• (ongewoon) Dui teëstelling aan.

Gebruik:
• Dis 'n groot maar, behalwe as ons voldoende voorberei.
• Daar is te veel mare in daai sin.

Vertaling:
Engels: but
Nederlands: maar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uit
Volgende onderwerp: jaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 02:30:31 UTC 2025