Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tot (tót)
tot [boodskap #125287] Sun, 07 April 2019 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tot
Afbreking: tot
Uitspraak: /tɔt/




Bywoord: tot

Betekenis:
• Selfs.

Gebruik:
• Sy het tot haar koekroller saamgebring.

Vertaling:
Engels: even
Nederlands: tot


Voegwoord: tot

Betekenis:
• Sê wanneer iets klaar is; totdat.

Gebruik:
• Ons kan buite speel tot dit donker is.

Vertaling:
Engels: until, till
Nederlands: tot


Voorsetsel: tot

Betekenis:
• Wys dat iets bereik is. Dui 'n bepaalde of bereikte plek, tyd of hoeveelheid aan.
• Wys waar iets eindig.

Gebruik:
• Ons repeteer tot half agt.
• Ry tot by die tweede robot.

Vertaling:
Engels: until, up to, as far as
Nederlands: tot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: na
Volgende onderwerp: hulle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 03:04:28 UTC 2025