Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Guillaume Apollinaire (1880 - 1918) was 'n Franse digter. Sy eintlike naam was Wilhelm Albert de Kostrowitski. Hy het die simboliese poësie nuwe weë getoon wat die surrealisme aangekondig het. Sy vernaamste bundels is Alcools (1913) en Calligrammes (1918).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.