Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Apokalips (Grieks vir openbaring, ontdekking) is 'n naam deur die Jode en vroeë Christene vir gewyde geskrifte oor die toekoms en die einde van alle dinge. Dit verwys veral die Openbaring van Johannes in die Nuwe Testament. Die boek beskryf die uiteindelike oorwinning van die goeie oor die slegte, asook die einde van die huidige wêreld. Die term word ook in die daaglikse taal gebruik om 'n situasie te beskryf waarin die wêreld blyk onder te gaan.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.