Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aan
aan [boodskap #125261] Sa, 30 Maart 2019 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aan
Afbreking: aan
Uitspraak: /ɑ(ː)n/




Voorsetsel: aan

Betekenis:
• Verbind met; teen, teenaan.
• Die ontvangende persoon.
• Op 'n bepaalde plek.
• Bestaande uit
• Verdeel in; opgebreek in.
• Aan beide kante.

Gebruik:
• Die skildery hang aan die muur.
• Bles gee rose aan sy bewonderaars.
• Die kaptein is aan boord, maar sy bemanning is aan wal.
• Hy besit 'n fortuin aan aandele.
• Die spieël val aan skerwe.
• Die dorp lê aan die rivier.

Vertaling:
Engels: on, to, with
Nederlands: aan


Byvoeglike naamwoord: aan

Betekenis:
• Aktief, in bedryf/ werking; aan die gang.

Gebruik:
• Die kaggel is aan.

Antoniem:
• af

Vertaling:
Engels: on
Nederlands: aan


Bywoord: aan

Betekenis:
• Wat noue omsluiting aandui, soos om die liggaam of 'n deel van die liggaam.
• As iets vas is of aan die gang is.

Gebruik:
• Hy het sy swembroek aan.
• Sy sit die motor aan.
• Dit is aan tussen Pieter en Marie.

Vertaling:
Engels: on
Nederlands: aan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deur
Volgende onderwerp: ook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:02:04 MGT 2024