Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deur
deur [boodskap #125260] Sa, 30 Maart 2019 19:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Deur.
'n Deur.
deur
Afbreking: deur
Uitspraak: /deør/




Selfstandige naamwoord: deur
Meervoud: deure
Verkleinwoord: deurtjie
Meervoud van verkleining: deurtjies

Betekenis:
• Voorwerp wat oop en toe kan maak om toegang tot 'n ruimte of bied te versper.

Gebruik:
• Het jy die deur gesluit?
• Maak asseblief die deur agter jou toe.

Spreekwoord:
• Voet in die deur kry. ['n Geleentheid gekry.]
• By die verkeerde deur aanklop. [Die verkeerde persoon om hulp vra.]
• Vee eers voor jou eie deur. [Sorg eers vir sake wat jou persoonlik raak.]
• Met die deur in die huis val. [Sonder voorbereiding iets belangriks sê of doen.]
• As jy self agter die deur staan, soek jy 'n ander ook daar. [Jou eie gebreke sien jy maklik in 'n ander ook raak.]

Hiponiem:
• agterdeur
• kamerdeur
• valdeur
• voordeur

Afgelei:
• deurmat
• deurslag

Vertaling:
Engels: door
Nederlands: deur


Voorsetsel: deur

Betekenis:
• Van die een na die ander kant; ingaan en uitgaan.
• As gevolg van; dui die oorsaak aan.
• Wie of wat iets doen (die lydende vorm).

Gebruik:
• Die hond loop deur die vertrek.
• Sy het geslaag deur lang ure te werk.
• Die boek is deur M.E.R. geskryf.

Spreekwoord:
Deur jou nek praat. [Onsin praat.]
Deur jou nek betaal. [Baie duur betaal.]
Deur die mat val Iets/iemand misluk/faal.]
Deur die bank. [Almal, sonder uitsondering.]
Deur murg en been gaan. [Dwarsdeur 'n mens gaan.]
Deur dik en dun by hom staan. [In alle omstandighede.]
Deur 'n harde leerskool gaan. [Goeie, harde ervaring opdoen.]
Deur jou eie honde gebyt. [Deur jou eie mense benadeel word.]
Deur stampe en stote word 'n mens wys. [Deur teenspoed leer 'n mens.]
Deur die smeltkroes gaan. ['n Veeleisende ondervinding moet deurmaak.]
Deur die vingers laat glip. [Nie gebruik maak van 'n geleentheid nie.]
Deur skade en skande word 'n mens wys. [Deur onaangename ondervindings leer 'n mens.]
• Met jou hoed in die hand, kom 'n mens deur die ganse land. [Deur beleef te wees, kom 'n mens ver.]

Afgelei:
• dwarsdeur
• middeldeur
• regdeur

Vertaling:
Engels: through; by, on account of
Nederlands: door

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: se
Volgende onderwerp: aan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 15:23:01 MGT 2024