Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Antrasiet is ’n soort grysagtig swart, harde steenkool van ’n hoë koolstofgehalte wat moeiliker as die gewone of bitumineuse steenkool brand, maar dan veel meer warmte gee per gewigseenheid. Gevorm in die tyd toe stollingsgesteentes deur die indringing van die gesmelte materiaal soms die geaardheid van die steenkool verander het. Dit word in sekere soorte stowe gebruik en is veral uit die omgewing van Vryheid afkomstig.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.