Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » as
as [boodskap #125236] Do, 28 Maart 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Waantjie met twee asse waaraan die wiele gemonteer is.
'n Waantjie met twee asse waaraan die wiele gemonteer is.
as
Afbreking: as
Uitspraak: /ɑs/




Selfstandige naamwoord: as
Meervoud: asse (aste)
Verkleinwoord: assie
Meervoud van verkleining: assies

Betekenis:
• Stang of staaf waarom of waarop 'n wiel draai.
• Lyn of spil waarom iets beweeg.

Gebruik:
• Die kar se as het gebreek.
• Die aarde draai om sy as.

Vertaling:
Engels: axle, axis
Nederlands: as


Selfstandige naamwoord: as
Meervoud:

Betekenis:
• Dit wat oorbly as iets verbrand het; oorskot van verbranding.

Gebruik:
• Die as val van sy sigaar af.
• Hy wil sy as in die see laat strooi.

Spreekwoord:
As is verbrande hout. [gedane sake.]

Vertaling:
Engels: ash, ashes
Nederlands: as


Voegwoord: as

Betekenis:
• Indien; ingeval; op voorwaarde dat.
• Wanneer; op watter tyd; sodra.
• Soos; in vergelyking met.
• In die hoedanigheid van; synde.

Gebruik:
As dit maar die waarheid was.
As die wind opkom raak dit koud.
• Sy is korter as haar boetie.
• Hy het as voorsitter opgetree.

Sinoniem:
• indien

Vertaling:
Engels: if, when, like, as
Nederlands: als, wanneer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: met
Volgende onderwerp: hy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:24:15 MGT 2024