Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robert K.J.E. Antonissen (1919-1972) was 'n literêr-historikus; gebore in Antwerpen; promoveer in Leuven; emigreer na Suid-Afrika in 1950. Daarna professor aan die Universiteit Rhodes in Grahamstad. Van 1955 in die redaksie van Standpunte. Publiseer onder meer verskeie oorsigte oor die Afrikaanse Letterkunde, o.a.: Die Afrikaanse Letterkunde van die Aanvang tot Hede (1956).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.