Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » het
het [boodskap #125214] Wo, 27 Maart 2019 18:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
het
Afbreking: het
Uitspraak: /ɦɛt/




Werkwoord: het
Verlede tyd: gehad

Betekenis:
• Werkwoord wat aandui dat iemand iets besit (gesegdevorm van in die teenwoordige tyd).
• Hulpwerkwoord wat aandui dat iets in die verlede gebeur het (gesegde- en infinitiefvorm van in die verlede tyd).

Gebruik:
Het jy genoeg geld? Sy het 'n groot pop.
• Hy het gery. Sy het agtergebly.

Spreekwoord:
• Die hare het gewaai. [Daar is woes baklei.]
• Die mure het ore. [Dis gevaarlik om hier te veel te sê.]
• Aan wie het, sal gegee word. [Hy wat reeds iets besit, kry maklik meer.]
• Die berg het 'n muis gebaar. [Groot dinge is verwag en net iets kleins het gebeur.]
• As dit 'n slang was, het hy jou gepik. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]

Vertaling:
Engels: to have, own; past tense
Nederlands: heb, hebt, heeft, hebben

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: is
Volgende onderwerp: wat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:14:56 MGT 2024