Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
het
Afbreking: het
Uitspraak: /ɦɛt/
Werkwoord: het
Verlede tyd: gehad
Betekenis:
• Werkwoord wat aandui dat iemand iets besit (gesegdevorm van hê in die teenwoordige tyd).
• Hulpwerkwoord wat aandui dat iets in die verlede gebeur het (gesegde- en infinitiefvorm van hê in die verlede tyd).
Gebruik:
• Het jy genoeg geld? Sy het 'n groot pop.
• Hy het gery. Sy het agtergebly.
Spreekwoord:
• Die hare het gewaai. [Daar is woes baklei.]
• Die mure het ore. [Dis gevaarlik om hier te veel te sê.]
• Aan wie het, sal gegee word. [Hy wat reeds iets besit, kry maklik meer.]
• Die berg het 'n muis gebaar. [Groot dinge is verwag en net iets kleins het gebeur.]
• As dit 'n slang was, het hy jou gepik. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]
Vertaling:
Engels: to have, own; past tense
Nederlands: heb, hebt, heeft, hebben
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.